Travel Chasers
GOEDKOPER AS WAT JY DINK

MEER EUROPA.
MINDER BEPLANNING.

Begeleide Groeptoere Met Jou Verblyf, Vervoer en Reisplan Klaar Gereël
Vind Jou ToerHoe Betaling Werk
10% Deposito
|
Rentevrye Paaiemente
|
4.7
Gegradeer deur Regte Reisigers
•
Aangedryf deur

WAG JY NOG VIR “EENDAG”?

STILL WAITING FOR “ONE DAY”?

KIES ‘N DATUM. KRY DIE VERLOF. ONS BEPLAN ALLES ANDERS.
Praat Met Ons
Sien Europa ordentlik sonder om die verblyf, vervoer en alles tussenin self te moet reël.

Ons beplan, bespreek en begelei jou op die toer, met jou Toerleier daar om seker te maak dat alles glad verloop. Jy daag net op en geniet dit, so maklik soos dit. Net met soveel meer om te sien.
EUROPA TOERE WAT SUID-AFRIKANERS “CHASE”
Van eerstekeer Europa-toere tot volledige multi-bestemming toere, hierdie is die Europese toere wat Suid-Afrikaners die meeste bespreek. Want as jy bereid is om so ver te reis, kan jy net sowel so veel as moontlik sien.
Dis nie Europa wat jy vermy nie.
Dis die beplanning.
EUROPA, AFBETAAL OP JOU MANIER
Groeptoere is ‘n fantastiese manier om meer van Europa vir jou geld te sien. Jou roete, hotelle, vervoer en geselekteerde ervarings word alles bymekaar gebring in een toer, sodat jy meer kry uit die tyd wat jy het.

Dan is daar die betalinggedeelte. ‘ n 10% deposito bevestig jou bespreking, met die res opgedeel in rentevrye maandelikse paaiemente voordat jy vertrek.
Smiling passengers in red sunglasses on a coach, one holding a Travel Chasers sign
HOE DIE PAAIEMENTE WERK
Betaal 10%, kies jou begindatum, en die res val in plek.
1
BESPREEK JOU SITPLEK
‘n 10% deposito verseker jou sitplek teen vandag se prys. So maklik soos dit.
2
VERSPREI DIE KOSTES
Die res word opgedeel in rentevrye maandelikse paaimente.
3
PAK EN TOER
Hotelle, vervoer en jou Toerleier is uitgesorteer. Jy moet net jouself daar kry.
BESPREEK VROEËR, BETAAL MINDER ELKE MAAND
Hoe vroeër jy bespreek, hoe langer het jy om die res van die koste te vereffen. Vind meer uit hier.
Dis wat Saffas oor ons sê
DIE GOED WAT JY NIE SELF WIL UITSORTEER NIE.
Europa is opwindend. Om elke sekonde daarvan te beplan? Nie altyd nie. Dis waar ons inkom.
DIE ROETE?
UITGESORTEER.
Geen “Google Maps” oopmaak en wonder hoe jy van Parys na Zürich na Florence gaan kom sonder om kop te verloor nie. Jou toer het alreeds ‘n beplande roete.
DIE HOTELLE?
BESPREEK.
Jou akkommodasie word bespreek as deel van die toer, sodat jy nie jou aande hoef om te sit en 38 hotelle wat almal dieselfde lyk, met mekaar te vergelyk nie.
DIE TOER?
BEGELEI.
Jou Toerleier reis saam met jou, hou die toer aan die gang en help met al die praktiese dinge langs die pad.
DIE ERVARINGE?
INGEBOU.
Jou reisplan sluit geselekteerde ervaringe en aktiwiteite in, so jy hoef nie elke oggend op te staan en te wonder wat jy nou eintlik moet doen nie.
DIE GROEP?
REEDS DAAR.
Kom vir Europa. Bly vir die mense. Jy mag dalk alleen hier aankom. Teen dag drie sal jy almal se name ken.
DIE BETALING?
VERSPREI.
Bespreek vroeg, en jy het meer tyd om die afbetaling van jou toer te voltooi voordat jy reis.
HOU DIE VISA ADMIN EENVOUDIG
Nie elke bestemming het ‘n gekompliseerde visa-aansoek nodig voordat jy reis nie. Hier is die toere met bestemmings waar Suid-Afrikaanse paspoorthouers maklike toegang het.
Vrywaring: Toegangsvereistes kan verander, so doen navorsing oor die nuutste vereises voor jy reis. Kyk vinnig en maklik na visavereistes hier.
WAAR IN DIE WÊRELD WIL JY GAAN?
Europa is net die begin. Kies ‘n plek, kyk wat daar is en begin beplan aan jou nuwe “chase”.
Verken Alle Toere
EUROPA
Van Italiaanse mere tot Balkan agterpaaie, sien meer van Europa in een toer.
Vanaf R2,005 per maand.
VK & IERLAND
Kastele, kuslyne, stede en ‘n behoorlike smakie van die Britse Eilande.
Vanaf R1,681 per maand.
AFRIKA, ASIË & MIDDE-OOSTE
Van safaris tot markte, na antieke wonders en Tokio-aande.
Vanaf R1,653 per maand.
SUID-AMERIKA
Groot landskappe, smaaklike kos en die tipe plekke waaroor jy jare later nog praat.
Vanaf R2,699 per maand.
Verken Alle Toere

VAN MZANSI NA DIE WÊRELD

Travel Chasers is deur twee Suid-Afrikaners gestig. Carl Cronje en Jakes Maritz het die maatskappy in 2005 begin en iets tipies Suid-Afrikaans saam met hulle gebring: ’n liefde daarvoor om mense te ontvang, vir hulle ’n goeie tyd te wys en seker te maak niemand staan ongemaklik eenkant en wonder wat nou nie.

Wat begin het as net ’n paar toere, het oor meer as 20 jaar gegroei tot ’n spesiale manier om mense die wêreld te laat ontdek. En hoewel die bestemmings verander het, het daardie deel nooit verander nie.

Ons hou daarvan om mense bymekaar te bring, hulle êrens nuuts te neem en seker te maak hulle geniet elke oomblik daar.

Dit is wat ons gebou het.

Begeleide groeptoere waar die belangrike dinge reeds gereël is, iemand daar is om seker te maak dat alles vlot verloop, en daar nog hope dinge is om te sien, te doen en te ontdek. Die soort reise waar jy huis toe gaan met stories wat jy nog lank daarna by die braai gaan vertel.
Leer Ons Ken
20+ JAAR
VAN MENSE PLEKKE NEEM
90+ TOERE
OOR VYF KONTINENTE
50+ LANDE
VIR NOU

DIE VRAE WAT JY WAARSKYNLIK NOU GAAN VRA

Lees Meer
Wat’s ingesluit in die toer?
Hoe werk automatiese afbetalings?
Wat beteken Vertrek Gewaarborg?
Wat as ek van plan verander nadat ek bespreek het?
Watter ondersteuning het ek terwyl ek op toer is?
Help julle met visa-aansoeke?
Is vluge ingesluit?
Het ek reisversekering nodig?
“EENDAG” HET NOU ‘N DATUM
Bel +27 87 550 4924 om met iemand in ons Kaapstad-kantore te gesels, of stuur vir ons ‘n WhatsApp na
+44 773 194 3978.
Vind Jou ToerPraat Met Ons